Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Fanie Viljoen

@ Sunday Times Books LIVE

Idees vir opstelle

Dis ‘n feit: min leerders kan opstelle skryf. Een van hulle probleme is hulle kan nie ‘n storie vertel nie. Ja, hulle kyk baie televisie en flieks, maar hoe vertel jy ‘n treffende storie met net enkele woorde?

Hier is ‘n maklike manier om ‘n idee vir jou opstelle te kry.

LEES FABELS.

Jip, doen net dit. Fabels vertel eenvoudige verhale met min woorde. Hulle is kort, treffende stories – ‘n goudmyn vir ‘n sukkelende opstelskrywer.

As ek ‘n onderwyser was, sou ek leerders vra om ten minste ‘n paar fabels te lees sodat jy ‘n ordentlike klompie stories in jou arsenaal het.

Die leerders moet verstaan waaroor die verhaal regtig gaan. Ja, oukei, die lewenslessie.

Lees byvoorbeeld hierdie een van Esopus: Die hond en die weerkaatsing

Of kyk dit op YouTube: YouTube Preview Image

Wat is die kern van die verhaal? ‘n Gierige hond verloor iets kosbaars omdat hy iets beter begeer, en uiteindelik sit hy met niks.

Kan ‘n leerder hierdie gedagte gebruik om ‘n opstel te skryf?

Beslis!

Gebruik dieselfde idee, maar vertel dit in ‘n hedendaagse konteks – een wat die tiener ken en elke dag beleef.

Byvoorbeeld: ‘n Meisie het ‘n wonderlike ou, maar dan sien sy ‘n ander ou wat aantrekliker/ouliker/sterker is. Sonder seremonie dump sy die eerste ou, maar dan vind sy uit dat die tweede ou nie in haar belangstel nie. Uiteindelik is sy alleen.

Dit is niks minder as die bekende fabel nie, maar met ‘n nuwe baadjie.

Dis ook nie ‘n aardskuddende idee nie, maar dis ‘n klassieke verhaal wat enige leerder sal kan skryf.

Probeer dit gerus as ‘n skryfoefening in die klas en kyk of dit vir jou leerders kan werk.

Besoek gerus ook my webblad: www.fanieviljoen.co.za

Ma, wat kan ons doen? LEES!

Selfs feetjies lees "Klou"

Lees is seker die laaste ding wat kinders die vakansie wil doen, maar dit kan steeds groot pret wees vir almal in die gesin om julle elke aand te verlustig in die avonture van kinderboekkarakters.

Lees maak immers wêrelde oop.

Hier is ‘n lys van topkinder- en jeugverhale met lekker stories vol avontuur, humor en meer.

Die lys sluit Afrikaanse en Engelse boeke in.Van Tom Sawyer tot Babelela sal jy hier kry. Daar is stories oor ‘n perd, ‘n mol, ‘n krokodil, jakkals en wolf, ‘n superhero in sy onderbroek, die perfekte meisie, en meer.

Die wêreld wag …

Kinders (Engels)

Tom Sawyer – Mark Twain

The Cat in the Hat – Dr. Seus

The Bromeliad – Terry Pratchett

Klik vir die volledige lys …

Radioteater: By verlies aan woorde

Donderdag 18 Oktober 2012 op RSG

BY VERLIES AAN WOORDE deur Fanie Viljoen
Regie: Helena Hugo

’n Skrywer soek rus en stilte op die platteland. Maar sy nuwe buurvrou gun hom nie ’n oomblik van vrede nie. Sal hy haar toelaat om sy lewe om te keer? Sal hy enige vrou toelaat?

Die spelers is André Stolz, Heidi Mollentze en Sulette Thompson.

Lees uittreksel uit Leeus met Letsels

Grillerige boeke en avontuurverhale beland telkens op my bedkassie. Dis seker nog die kind in my wat hierna soek.

My nuwe boek Leeus met Letsels is juis so ‘n boek vol spanning en avontuur. Die verhaal begin in Londen en eindig in … nee wag, jy sal maar moets sien.

Daar is bloed op Buyi se vuiste. En bloed op die ou voor hom se gesig. Sy naam is Jonathan. ’n Klomp leerders drom saam om hulle in die skoolgang. Jonathan lê nog op die vloer. Hy kyk op na Buyi. Sy oë uitdagend. Hy glimlag toe hy die bloed van sy oogbank wegvee.

“Lucky shot!” sê hy.

“You want some more then?” In ’n oogwenk speel die vuishou wat Jonathan vloer toe gestuur het, oor in Buyi kop. Die spanning in sy spiere. Knersende tande. Die oomblik toe hulle oë ontmoet. Pyn skiet deur sy vuis en blits op met sy arm toe die hou val.

Die spul ouens en meisies om hulle is soos ’n trop hiënas, steeds honger vir meer.

En toe kom die onderwyser.

Klik hier om meer te lees …

Die dae van die rooi vlieër

Die dae van die rooi vlieër (eBook)

Terwyl party mense nog die voor- en nadele van boeke vs. e-boeke bedink, is jongmense se koppe al reg vir ‘n nuwe manier van lees.

Kry gerus vir hulle hierdie kortverhaal wat nou slegs in e-boekformaat gaan verskyn.

Dis kort, kragtig en elektronies!

Twee dinge gebeur daardie dag met my: Ek kry die vreeslike nuus, en ek kry ‘n groot geskenk. Ma het my my hand gevat en dit sag aan my probeer verduidelik: “Elmar, sulke dinge gebeur maar tussen grootmense. Ek en jou pa het gedink ons het mekaar lief, maar dinge het verander.” Maar toe ontdek ek die rooi vlieër …

Klik en koop hom nou by Kalahari.com

Vir langer e-boeke, gaan kuier op my webwerf. Daar is ‘n al ‘n lekker verskeidenheid beskikbaar, soos die Nova-reeks, Betower, Onderwêreld, Klits Kronkel, 13 Spookstories en meer.

Lokprent: Leeus met Letsels

Klik en kyk na my nuwe jeugroman Leeus met Letsels se lokprent.

Die boek is nou beskikbaar by goeie boekwinkels, of klik hier om hom aanlyn te koop.

Die Engelse boek het verlede jaar as Scarred Lions by Ransom Publishing verskyn. Klik hier om Scarred Lions aan te skaf.

 

In ‘n tiener se kop

Jaco Jacobs, Carina Diedericks-Hugo en Fanie Viljoen

Platjie, stoute prinses en soet seun

Rapport van 16 September 2012 vertel meer oor Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers.

  • Maar wie is die ouman, die soet seun, die stoute prinses en die platjie?
  • Moet tienerboeke “rof” wees voordat tieners hulle lees?
  • Is daar nog taboes in jeugliteratuur?

 

Lees die volledige artikel hier: http://www.rapport.co.za/MyTyd/Nuus/In-n-tiener-se-kop-20120918

 

Radiodrama: By verlies aan woorde

Buiten vir kinder- en jeugboeke waag ek soms ‘n radiodrama. Vier van hulle is oor die jare op RSG uitgesaai, en die vyfde “By verlies aan woorde” volg in Oktober 2012.

Lees wat sê Beeld op 17/9/2012:

“Nuwe dramas uit die pen van bekroonde skrywers soos P.G. du Plessis en Fanie Viljoen is in dieselfde geselskap as stukke van Charles Dickens en die Spaanse digter en dramaturg Federico García Lorca in RSG se tweede radiodrama-seisoen dié jaar.”

Lees die volledige berig hier:

http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/Fees-van-dramas-oor-radio-20120917

Van my vorige radiodramas was:

  • Die losprys
  • Oupa Rooijan kry ‘n girlfriend
  • Die handtekeningjagter
  • Agter geslote deure