Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Fanie Viljoen

@ Sunday Times Books LIVE

Fanie Viljoen Latest

Prooi

ProoiFanie Viljoen het in 2014 twee opspraakwekkende tekste gelewer: Pleisters vir die dooies (oor ’n skoolskieter) en toe Uit (oor ’n gay seun se soeke na aanvaarding).

Nou is hy terug met ’n groot knal – ‘n sielkundige riller.

Prooi, sy eerste volwasse roman, beloof om die lesers én die kritici weer te laat regop sit.
 
Drie lewens raak onomkeerbaar inmekaar verstrengel:

  • Cody Young, die player, wat met losbandige seks desperaat op soek is na homself;
  • Owen Jooste, die hokvegter, met die drome, woede en jaloesie;
  • en tussen hulle staan Lauren Cooper, die beeldskone verleidster, wat op ’n pad van selfvernietiging beland.

Wie is uiteindelik die jagter, en wie die prooi? En wat gaan aan by die sinistere nagklub – Black Valentine? Sluip daar moontlik nóg ’n jagter rond?

Prooi gaan die leser stadig maar seker in sy verleidelike kloue kry … en voor jy weet, is dit te laat om te ontsnap.

EAN: 9780799375169
Koop nou!